Sunday, October 2, 2011

Helsingør - Home of Hamlet!

Van Kopenhagen af het ons weer 'n trein geneem na Helsingor, 'n dorpie langs die kus noord van Kopenhagen. Nina was lekker bedrywig, en ons het probeer om vir haar 'n hok te bou op die trein, maar dit het nie lank gehou nie!

Helsingor is bekend vir die Kronberg kasteel. Dit is in 1420 begin bou en is in die jaar 2000 as 'n UNESCO World Heritages Site verklaar. Die kasteel is wat Shakespeare geinspireer het om Hamlet te skryf en jaarliks word hier Hamlet opvoerings gehou van die kasteel af. 

Ingangspoort van die kasteel.

Daar was groot ganse en Nina wou net naby kom!

Terwyl De Wet gewerk het, het ek en Nina eendag die ferrie geneem na Helsingborg toe wat in Swede is! Dit is omtrent 20min se rit op die ferrie en baie mense gebruik dit elke dag om werk toe te gaan. Die lewenskoste is goedkoper in Swede as Denemarke so baie mense woon in Swede en werk in Denemarke.

Die strate is baie mooi versier met al die blomme in die bakke. Dit word baie mooi onderhou.

Woensdag het ons na die Louisiana Museum of Modern Art gegaan. Dit is een van die bekendste moderne kuns museums in Noord Europa, en dit was pragtig!

Nina was nie baie beindruk met die moderne kuns nie, maar sy het haarself darem baie mooi soet en stil gedra.

Die museum het 'n asemrowende uitsig oor die oseaan.

Pragtige tuine van die museum


Ons Denemarke uitstappie was 'n wonderlike ervaring! Ongelooflik om al die geskiedenis te beleef en te besef hoeveel eeue dit al hier is. Ons het donderdag terug gegaan Orebro toe en die proses het 4 trein ritte ingesluit. Die trein stelsel hier in Skandinawie is baie doeltreffend en betyds, baie lekker manier om te reis!


No comments:

Post a Comment