Gister het ons Nina se heel eerste verjaardag gevier! Ons kan nie glo die tyd het so gevlieg nie, en ons kon terugkyk na die jaar met diep dankbaarheid vir alles wat gebeur het en elke klein detail van die aanneming wat so perfek verloop het! Ons kan net vir God al die eer en dank daarvoor gee!
Ons het nie baie beplan vir haar verjaardag nie, omdat ons nie eintlik mense hier ken nie - maar op die laaste minuut het ons tog besluit om ietsie te doen. Mens word ook net een keer een!
Ek het 'n koek gebak (wel uit 'n pakkie!)
Ons het gister oggend haar stoeltjie versier met balonne en 'n klein cupcake vir haar gehad. Ons het ook net 'n klein geskenk gekoop dat sy darem voel hoe dit voel om iets oop te maak.
Nina kon nie haar oe glo dat 'n dag soveel anders kon begin het as gewoonlik nie!
Sy was mal oor die balonne! Sy het laas week begin om as ek haar vra hoe maak 'n ballon dan se sy "pip", gelukkig het daar nie 'n balon gebars dat sy regtig kon hoor hoe raas dit nie!
Sy het sommer dadelik die koekie gegryp en begin hap!
Die geskenk-oopmaak was natuurlik ook 'n nuwe ervaring en dit het baie aansporing gekos om haar te kry om binne te kyk.
Ons het vir haar 'n klein Hallo Kitty kat gekoop , en dit was net soentjies en drukkies dadelik!
Ek het vir Nina gevat na 'n binnehuise speelpark. Sy het dit so geniet!
Sommer so aan die speel omgedop en reg vir slaap!
Drie meisies het gistraand oorgekom vir saam koek-eet en ons het 'n paar tradisionele sweedse happies gehad.
Nina was bederf met nog geskenke en teen die tyd het sy 'n goeie idee gehad dat daar ietsie binne die pakkie is vir haar! :-)
Marieke het vir haar 'n Pippi Langkous pop gegee. Pippi Langkous is van swede af.
NIna het vir alles ge"aah" - dit was te oulik!
Jenny en Hannah is van swede, en hulle het vir Nina 'n klassieke sweedse storieboek gegee.
Moes net keer dat NIna nie die koek gryp nie!
Nina het natuurlik al die aandag van die meisies baie geniet!
Claude en Anna (die mense van laasnaweek se uitstappie weskus toe) het vir Nina 'n sweedse kaas gestuur. Hy kon nie glo dat Nina so mal was oor die kaas laas naweek nie!
Dit was 'n heerlike dag saam met ons engelkind, ons sou net graag dit wou deel met al ons familie en vriende!
No comments:
Post a Comment