Sunday, October 30, 2011

Laaste naweek in Örebro. :-(

En so is ons nou op ons laaste aandjie in Orebro! Vrydag het ons saam met al De Wet se werks-kollegas gaan eet by 'n thai restaurant. Nina geniet al die aandag baie! 
Saterdag het ons met die fietse gaan rondry. Hierdie is 'n kompleks met klomp klein huisies met die mooiste tuintjies. Ek het baie gewonder oor die pieklein huisies, en toe eendag gehoor dat dit soos "summer houses" is vir van die mense wat in woonstelle bly in die dorp. Hier kan hul dan hul eie tuintjie he wat hul versorg, en die huisie is maar net om goed in te stoor. Oulik!
Ons was na Wadkoping. Dit is 'n buitelug-museum van hoe die huise en winkels tipies gelyk het toe Orebro ontstaan het. 
Jeremiah's Bageriet! Hier het ek 'n paar keer die heerlikste broodjies en pastries gekoop vir ons. Die bakkery bestaan al van die laat 19e eeu.
Die straat in Wadkoping
Speeltyd! Hier is De Wet en Nina besig met 'n wegkruip speletjie.
Nina lyk amper soos 'n Oros-mannetjie met al haar lae klere!
Die winkel langs ons woonstel gebou se naam is Ninas! :-)
Vandag het ons gaan rondloop in Karlslund. Dit is 'n plaas wat dateer uit die 1700's. Hier het hulle alles self vervaardig - kos, elektrisiteit, distillery, vliegveld en boerdery. Dit is veral bekend vir die mooi tuine. Ongelukkig met die herfs is die tuine nie meer so mooi nie, maar die herfsbome was asemrowend!
Dit het soos in 'n feetjie-woud gevoel! Doodstil met skaars ander mense.
Die herehuis van Karlslund.

Ons tasse is omtrent gepak en die woonstel van hoek tot kant skoongemaak! More oggend ry ons met die trein na Stockholm waar ons daar gaan verken voor ons terugvlieg SA toe dinsdag aand.

No comments:

Post a Comment