Ons kan nie glo hoe die tyd hier vlieg nie, en nou is dit net 2 weke voor ons weer pak en terug gaan SA toe! Ons het 'n wonderlike tyd agter die rug met lekker tye saam met nuwe vriende en die pragtige herfs-landskap hier in swede!
Ons het laas naweek by Sarah en Johan gaan kuier. Sarah werk saam met De Wet hier. Hulle bly in 'n klein uitbreiding buite Orebro, en dit voel kompleet of mens in die platteland is. Ons het gaan stap in die woud naby hulle huis, en dit is ongelooflik mooi!
Hulle het twee seuntjies, en alhoewel die kinders mekaar glad nie verstaan het nie het hulle steeds lekker gekuier!
Sarah hulle het vir ons baie van hulle baba goed geleen vir ons tyd hier, onder andere die lekker stootwaentjie!
Nina was weer bederf met nog verjaardag geskenke!
Laas week sondag het ons Jennie gaan kuier! Sy werk ook saam met De Wet. Sy het vir ons 'n smörgåstårta gemaak. (Ek sukkel nou nog om die woord uit te spreek!) Dit is 'n tipiese sweedse dis, word gewoonlik tydens 'n groot familie byeenkoms of partytjie geeet. Dit is 'n soutgereg wat nes 'n koek lyk! verskillende lae brood met vulsel tussen die lae. Baie lekker, baie vullend!
Die watertoring van Orebro.
Panoramiese uitsig van Orebro
Die hoofstraat van die dorp. Dit is ook die straat waarin ons bly!
Die herfs is nou behoorlik hier! Ek se vir mense die koue nou is erger as die koudste dag in Pretoria met winter! Dit is ROF! Dit keer ons darem nie om lekker rond te loop nie.
Die Stadspark. Ek en Nina ry baie fiets na die park toe, hier is 'n heerlike speelplek vir kinders.
Pragtige herfskleure!
Die koue keer nie Nina om lekker te speel nie!
Ons het saterdag op die mark die lekker sampioene gekoop vir omtrent R20! Die swede is mal oor sampioene en dit is 'n lekker tydverdyf vir hulle om self in die woude te gaan sampioene pluk. Ons het 'n heerlike sop gemaak hiervan!
Lekker saam in die parkie!
Reg vir fietsry in die koue!
No comments:
Post a Comment