Wat 'n naweek van pragtige landskap, heerlike kos en goeie geselskap! Een van De Wet se kollegas het ons na hulle "summer cottage" geneem in Fiskebacksil, aan die weskus van Swede. 30 September het die kreefseisoen begin en almal stroom soontoe om vir oulaas bietjie son te vang voor die winter begin en natuurlik om soveel as moontlik seekos te eet!
Ons het die keer 'n kar gehuur, en dit was nogal lekker om die land so in plaas van 'n trein te sien.
Nina geniet ons pitstop halfpad Gothenburg toe.
Claude het ons in Gothenburg ontmoet en ons eers rondgewys in die stad. Claude is 'n uitstekende toergids!
Laatmiddag het ons gery na die dorpie, wat so uur en 'n half buite Gothenburg is.
Tipies van hoe die huisies lyk daar. Dit is alles begin as vissermans huisies, so baie klein en opmekaar.
Claude ken die visserman, en ons het 2 krewe by die huis afgelewer gekry!
Nina en die kreef maak oogkontak. Sy wou net vat aan hulle, gelukkig was hul knypers vasgebind.
Claude het ons gewys hoe om 'n kreef te hipnotiseer voor jy hom in die kookwater sit. Dit maak dit net bietjie makliker... Ongelooflike metode, een oomblik stoei die kreef die volgende oomblik staan hy doodstil.
Die aand het ons gaan eet by 'n heerlike restaurant. Die eienaar het die grootste whiskey kolleksie in noord europa!
Die huisie waarin ons gebly het is oor die 300 jaar oud! Dit was die huis van Carl Wilhelmson, een van Swede se bekende skildenaars. Hy het in die laat 19e eeu daar gewoon. Al die plafonne is laag en die trappies na bo besonders steil en nou.
Claude het ons in die oggende bederf met 'n tipiese sweedse "country breakfast". Die bestaan uit jogurt en bessies, harde brood met kase en ham, en dan hard gekookte eiers met 'n kaviaarsmeer.
Die eiers en Kalles kaviaar. Die kaviaar smeer is baie gewild in swede en mense eet dit op die eiers en op broodjies. Nina het haar eerste proe daarvan gehad en sy het so baie daarvan gehou dat ons nou ook 'n buis het! Interessante smaak, maar baie lekker!
Die huis se leefkamer. Ek dink dit is van die "cozieste" sitkamers waarin ek al was. Voel of mens ure daar kan sit en lees in die stilte. Die swede is ook mal oor lampies en kerse, en in die aande lyk die woonkamers altyd heerlik met die beligting daarvan.
Die skildery links is een van die skildenaar se bekendes. Die oorspronklike is nou in die sweedse koningshuis.
Saterdag het ons heerlik verken
Op die ferrie om oor te gaan na Lysekil, groter dorpie ook deel van die weskus.
Dit was die begin van die kultuurweek so baie mense en lekker kos stalletjies met allerhande seekos.
'n Baie bekende huis in Lysekil. Hy is nog in sy oorspronlike kondisie met die meubels en al - dateer ook uit die 19e eeu.
Ons was na hul akwarium toe, en Nina het omtrent die visse geniet!
Nina en Claude deel 'n oomblik. Sy was mal oor hom!
Paar fotos van die uitsig.
Carl Wilhelmson se graf.
Uiteindelik tyd om die krewe te eet!!
Sondag oggend het ons weer vir oulaas gaan rondloop.
En net vir ingeval ons nie genoeg seekos gehad het nie, nog bietjie gaan eet vir middag ete!
Ons 3tjies voor die huisie voor ons die pad terug begin het na Orebro.
Dit was 'n super naweek! Ons is so dankbaar vir Claude wat van ver af gevlieg het om ons so te bederf met alles, kon nie vir iets beter wens nie. Alles is net so mooi, en nou met die herfskleure op die bome lyk alles soos 'n sprokie!
No comments:
Post a Comment