Ek en Nina het laas saterdag oggend die trein van Orebro geneem om De Wet in Stockholm te kry na sy tyd in Svalbard. Ons bly net so 300m van die stasie af so ek het sommer geloop met die pakkasie!
Nina se eerste proe aan 'n egte "danish pastry", heeerlik!
Ons het saterdag aand na Tivoli Gardens gegaan. Dit is in 1843 geopen en is die tweede oudste pretpark in die wereld!
Die pantomine teater
Nina was baie ongelukkig omdat sy nog nie lank genoeg is om op een van die pretritte te gaan nie! ;-)
Alles is 'n fees vir die oog.
Sondag oggend het ons op 'n bootrit gegaan deur die stad se kanale. Ons kon 'n baie goeie idee kry van die stad en die geskiedenis.
Nina was weer op haar beste, en het die vrou voor ons omtrent gecharm! Dit was net drukkies en laggies vir almal wat na haar rigting kyk!
Noma - die beste restaurant in die WERELD vir die afgelope 2 jaar! Ons wou graag daar gaan eet het, tot ons gehoor het die gemiddelde prys vir 'n hoofmaaltyd is so R1200 en dat die waglys so 6 maande is...
Little mermaid standbeeld - een van die mees gewildste toeriste aantreklikhede in Kopenhagen.Dit kom uit een van Hans Christian Anderson se kinderstories.
Ons het gegaan na Hans Christian Anderson se museum. Hy is die skrywer van al die bekende kinderstories soos Die Lelike Eendjie, Thumbelina, Little Mermaid, The Match Girl, The Emperor's New Clothes en The Princess and the Pea onder andere.
Lego kom van Denemarke af! Hier is ons in die groot Lego winkel.
Ons het vir middagete smørrebrod geeet, dit is tipies deens. Klomp verskillende tipes broodjies met vis as vulsel. Ons het natuurlik een met salm geeet!
Die langste inkopie straat net vir voetgangers in Europa! Pragtige winkels!
Kopenhagen is ook bekend vir almal wat fiets ry. 34%van die inwoners ry fiets werk toe! Daar is tot spesiale paaie vir fietse (nie net bane nie) met robotte en al. Hierdie is tipies hoe van die fietse aangepas is om goed te kan vervoer.
Maandag was ons na die Frederiksberg park toe. Die herfskleure is so mooi!
Die Dummy-boom! Dit is 'n tradisie in Kopenhagen vir kinders om hulle dummies te "gee" vir die boom as dit nou tyd is. Daar hang stringe dummies met tot afskeidsbriefies en fotos by! Ons kon sien Nina was bietjie benoud dat sy haar dummy ook daar sal moet los. :-)
4 Babas in een stootwaentjie! Hierdie styl waentjie is ook tipies van Kopenhagen,, die outydse styl met groot wiele.
Ons het ook 'n draai gaan maak by die Carlsberg bier brouery. Hierdie is die bekende Carslberg Elephant Gate wat in 1901 gebou is.
Van Kopenhagen af het ons met 'n trein gery na Helsingor. Fotos volg!
No comments:
Post a Comment