Thursday, September 29, 2011

De Wet in die Noordpool... amper!

De Wet was vir 'n kongres na Svalbard laasweek! Dit is 'n eiland in die arktiese sirkel (deel van Noorwee) ver weg van enige iets. Maksimum temperatuur was maar 2grade....
Landskap van Svalbard uit die vliegtuig.
Die "hoofstad" van die eiland
Daar is meer ysbere op Svalbard as inwoners... Die populasie van Svalbard is ongeveer 2000 mense en 3000 ysbere!
Die teken is oral op die eiland. Jy mag glad nie uit die dorpie gaan sonder 'n geweer nie.
Hier is De Wet en Dirk Koekemoer besig met 'n gehoortoets wat oor die internet gedoen word. De Wet het 'n pasient se gehoor getoets in Suid-Afrika! Dink nie daar is al ooit so 'n lang afstand gehoor toets gedoen nie. Dit is 'n groot deel van die navorsing waarmee De Wet besig is op oomblik.
Ek en Nina het vir De Wet toe Saterdag in Stockkholm gekry en vandaar die trein geneem na Kopenhagen. To be continued...



No comments:

Post a Comment