Na amper 24 uur se reis met 2 vlugte en 2 trein ritte het ons uiteindelik donderdag in Orebro aangeland! Wat 'n PRAGTIGE dorpie! Nina was heel op en wakker met al die vlugte :-) maar met die trein het die moegheid haar oorval en het sy te lekker geslaap!
Die treinrit van Stockholm tot in Orebro was pragtig met die tipiese sweedse landskap.
Nina het goed ingehaal vir al die verlore slaap sover!
Ons bly in 'n pragtige woonstel in die middedorp! Die woonstel gebou is amper 100 jaar oud met houtvloere en hoe plafonne - heerlik!
Orebro staan bekend as die "Bicycle City" van Swede, en omtrent almal ry fiets. Alles is lekker naby en dit is natuurlik plat. Ons is hard opsoek vir ons vir 2e handse fietse met 'n baba-stoel vir Nina. Die fietse word ook sommer net so in die straat gelos sonder slotte!
Orebro het 'n kasteel wat uit 13e eeu dateer en die hele dorpie is rondom dit gebou. Ons bly so 500m van die kasteel af.
Die straat waarin ons bly. Ons woonstel gebou is een van die geboue.
'n Systembolaget is 'n drankwinkel wat deur die staat bedryf word. Daar mag nerens anders alkohol behalwe bier verkoop word nie, dit is die land se manier om drankmisbruik te voorkom. Die winkel is baie mooi met hele verskeidenheid wyne te koop. 'n Hele paar SA wyne ook!
Nina geniet die nuwe plek sover baie! Sy wil nou net begin loop en ons moet maar net keer.
Pragtige blomme in die dorp!
Ons het vandag bietjie gaan inkopies doen by hulle groot winkelsentrum. Was 'n heerlike ervaring om al die nuwe dinge te sien!
Wag vir die bus terug huis toe met al ons nuwe goed. Waar gaan ons plek kry vir alles om terug te neeem!!
In die bus!
Tot dusver is alles 'n ongelooflike ervaring! Alles is in sweeds, so Google Translate is ons nuwe beste vriend! Dit is 'n avontuur om te gaan kos koop en te probeer verstaan wat is wat. Baie mense kan ook maar skaars engels praat, maar gelukkig is almal vriendelik en baie behulpsaam!
No comments:
Post a Comment