Monday, September 19, 2011

Gotland - Island of the Vikings!

Ons was vir die naweek Gotland eiland toe! Wat 'n belewenis!! Dit was 'n lang reis vir net 'n naweek, maar oor en oor die moeite werd! Ons moes vrydag oggend 06h20 die trein vat Stockholm toe, toe 'n bus ry na die hawe-dorp Nynashamn toe en vandaar 'n 3 1/2 uur ferrie rit na Visby hoofstad van Gotland.
Gotland is so ryk aan geskiedenis en kultuur - die stad Visby dateer uit die 12e en 13e eeu en was een van die Vikings se "trade cities". 
Nina vroeg oggend op die trein. Lekker laf!
Die ferrie lyk meer soos 'n passasierskip! Ons was oor die 800 mense aan boord vrydag.
Nina was uit haar kassie met die ferrie rit. Wou net op en af en met almal sosialiseer... Ons het omtrent ons hande vol gehad!
Ons was geseend met die mooiste 2 dae op die eiland! Die weervoorspelling het eintlik reen en baie koue voorspel maar dit was pragtige dae! Ons het by 'n klein vakansieoord gebly net buite Visby en was seker een van 10 mense in 'n reuse oord. Die vakansie seisoen is verby en alles begin toemaak vir die winter nou.
Oral waar ons gaan word daar natuurlik geswaai! Pa en dogter deel 'n lekker oomblik saam. Die 2 is MAL oor mekaar!
Die hoof ingang na Visby. Visby is verklaar tot 'n UNESCO World heritage Site. Dit is die oudste dorpie in die Skandinawiese lande wat dateer uit die middeleeue wat so mooi behoue gebly het. 'n Groot deel van die stadsmuur is ook nog daar, baie besonders om dit te sien!
Hierdie is paar fotos van binnekant die dorpie. Baie Swede het hul "summer houses" hier. Piepklein huisies wat miljoene euros werd is. Daar was ook ongelooflik baie (en groot) kerke gebou in die middeleeue en dit is ongelooflik om al die reunes te sien van die kerke.
Die see daar is meer soos 'n yslike dam! Amper geen branders en nie die tipiese strand soos ons dit ken nie. Ons het oral ook swane op die water gesien!
In die oord waar ons gebly het is daar 'n begraafplaas wat dateer uit die yster tydperk! Die dae wat hul nog lyke op brandstapels gebrand het.
Saterdag het ons gery en die eiland gaan verken. Alles is nog so mooi lower-groen. Moeilik om te dink dat oor 'n ruk is alles wit van die sneeu!
Weer 'n pragtige ou kerk in een van die kleiner dorpies.

Van hierdie werke dateer vanuit 500AD.
Die swede was nie altyd so lank nie...
Pragtige uitkyk punt van bo 'n koppie.
Oral groei hierdie mooi bessie-bome. 
Nina oefen om te loop, bietjie wydsbeen...
Op die strand! Nina kon haarself baie lank besig hou met al die klippe. 
Ons het by 'n heerlike bakkery gestop vir middag ete langs die pad.
Nina het 'n liefde vir appels ontwikkel. 
Een van die oudste huisies wat behoue gebly het in die stadsmuur.
Roomys is "Glass" in sweeds - heel gepas!
Nina het ook lekker gesmul aan die bloubessie glass! :-)
Ingang met 'n valhek
En nog klippe...
Wonderlike spesiale ervaring! Ongelooflik om die plekke te sien en te weet dis meer as eeue ouer as ons Suid Afrika.
Die geskiedenis van Gotland is fassinerend met die vikings. Die Dene en Swede het al baie baklei vir eienaarskap van die land. Vir die wat meer wil lees daaroor Wikipedia het baie goeie inligting:
http://en.wikipedia.org/wiki/Gotland



No comments:

Post a Comment