Sover smul ons omtrent aan die heerlike kos in Swede!! Glo dit of nie, maar noorweegse salm is redelike alledaagse kos. Dit pas ons mos natuurlik soos 'n handskoen! Laas week het ons ons eerste halwe kilo salm gekoop vir die winskopie prys van omtrent R50! :-) Ons het heerlike sashimis gesny en soveel geeet as wat ons kon!
En natuurlik 'n heerlike stukkie gebraai in die pan en ons verbeel ons is op Masterchef!
Laas naweek het ons begin om die plek te verken. Tot ons vreugde is die stadspark net 'n paar blokke van ons as. Wat 'n fees vir die oog! Ek het lanklaas in my lewe so 'n versameling van die mooiste kleure en blomme gesien. Wat 'n ongelooflike skepping lewe ons nie in nie! Natuurlik geniet die Swede dit om terwyl dit nog "somer" is die buitelewe te geniet, want oor 'n ruk is alles wit vir 3-4 maande.
Daar groei ook oral die mooiste appelbome.
'n Heerlike speelplek in die middel van die park, en Nina was natuurlik mal daaroor om weer te swaai!
Vrydag aand was ons na een van die nabye "village" se "coal-making celebration". Dit gebeur elke twee jaar. Net voor die winter begin gaar hul hout op wat dan in die hoop hieronder verbrand word tot kole. Dit is dan die voorraad steenkool vir die mense vir die winter.
Nina lekker warm aangetrek vir die geleentheid! Al is dit net herfs is die aande al baie koud, en ons Suid Afrikaners voel die byt in die lug al goed.
Die tannies maak hier "Kolbullar" - 'n tipiese paannekoek styl storie met varkvleis in wat bedien word met 'n bessie-sous.
Ek en De Wet probeer die Kolbullar -moet se dit was nogal baie lekker!
Nina en een van haar nuwe sweedse maatjies. Hulle hou baie van mekaar al kan hul nie 'n woord verstaan wat die ander een se nie! ;-)
Nina en Marieke - sy is van Nederland en ook hier vir die 2 maande om te werk aan die navorsing.
Ons het ook vrydag aand hulle weergawe van worsbroodjies geeet... Moet se dit is nie heeltemal waaraan ons gewoond is nie. Shrimp-paste om op die broodjie te sit...
...met 'n bitter klein broodjie. Ek en De Wet het lekker gelag vir die broodjie, tot die swede se verbasing want dit is al waaraan hulle gewoond is!
Gister was 'n pragtige dag! Ons het twee BAIE ou fietse en 'n babastoel gekoop vir R600 en het die strate ingevaar. Die fietse lyk rof, maar dit ry perfek!
Nina geniet haarself gate uit op die fiets. Sy gil en kraai omtrent heeltyd van lekkerkry as ons ry!
Ons het in hul natuurpark gaan ry. Beeldskoon! Om elke hoek en draai wil mens net 'n foto neem om dit te kan vasvang in die geheue. Alles is lowergroen.
Sover geniet ons elke liewe oomblik in die plek! Dit is 'n totale nuwe ervaring! Wonderlik om die diversiteit te kan sien in hoe God die mens en Sy wereld geskape het!
No comments:
Post a Comment