Sunday, October 30, 2011

Laaste naweek in Örebro. :-(

En so is ons nou op ons laaste aandjie in Orebro! Vrydag het ons saam met al De Wet se werks-kollegas gaan eet by 'n thai restaurant. Nina geniet al die aandag baie! 
Saterdag het ons met die fietse gaan rondry. Hierdie is 'n kompleks met klomp klein huisies met die mooiste tuintjies. Ek het baie gewonder oor die pieklein huisies, en toe eendag gehoor dat dit soos "summer houses" is vir van die mense wat in woonstelle bly in die dorp. Hier kan hul dan hul eie tuintjie he wat hul versorg, en die huisie is maar net om goed in te stoor. Oulik!
Ons was na Wadkoping. Dit is 'n buitelug-museum van hoe die huise en winkels tipies gelyk het toe Orebro ontstaan het. 
Jeremiah's Bageriet! Hier het ek 'n paar keer die heerlikste broodjies en pastries gekoop vir ons. Die bakkery bestaan al van die laat 19e eeu.
Die straat in Wadkoping
Speeltyd! Hier is De Wet en Nina besig met 'n wegkruip speletjie.
Nina lyk amper soos 'n Oros-mannetjie met al haar lae klere!
Die winkel langs ons woonstel gebou se naam is Ninas! :-)
Vandag het ons gaan rondloop in Karlslund. Dit is 'n plaas wat dateer uit die 1700's. Hier het hulle alles self vervaardig - kos, elektrisiteit, distillery, vliegveld en boerdery. Dit is veral bekend vir die mooi tuine. Ongelukkig met die herfs is die tuine nie meer so mooi nie, maar die herfsbome was asemrowend!
Dit het soos in 'n feetjie-woud gevoel! Doodstil met skaars ander mense.
Die herehuis van Karlslund.

Ons tasse is omtrent gepak en die woonstel van hoek tot kant skoongemaak! More oggend ry ons met die trein na Stockholm waar ons daar gaan verken voor ons terugvlieg SA toe dinsdag aand.

Friday, October 28, 2011

Kos, kos en nogmaals kos!

Dit sal nie reg wees om nie 'n blog toe te wy aan al die lekker kos wat ons hier geeet het in Swede nie! Ons is mal oor salm, en hier kon ons onsself omtrent versadig eet aan dit!
Ons tyd is nou so te se verby en hier is 'n terugblik aan al ons lekker eet-ervarings!

Weskus-Lobster!! Vars uit die see.
'n Heerlike ete by 'n seekos restaurant aan die weskus. Salm, scallops, mossels, ens...
Heerlike roomys nagereg!
Amptelik die lekkerste sjokolade poeding nog ooit! En ek ken my sjokolade...
Die krewe nou reg vir eet.
Lyngon-berries. So delikaat en soet, hmmm.....
1.5kg vars salm vir R90! Ons kon die in 4 etes deel.
Chanterel sampioene, heerlike sop gemaak!
Salm gebak in oond met suurlemoen en dill.
Die eindproduk!
Sushi extravaganza!!
Kraftor (oftewel "crayfish") gemarineer in 'n sousie en dill. Mens eet dit koud met mayonaise.
Nina soek ook Crayfish!
Nog 'n lekker gebraaide salm! :-)
Scallops in 'n knoffel botter sousie.

Sjoe! Nou water my eie mond van vooraf! Gelukkig het ons nog een porsie salm oor wat ons more sal eet. :-)



Monday, October 24, 2011

Örebro - ons huis vir die afgelope 2 maande!

Ons tydjie in Örebro is vinnig besig om tot 'n einde te kom, en ons kon nie vir 'n mooier dorpie gevra het om in te kon bly vir die tyd nie. Hier is 'n paar fotos van die omgewing en ons woonstel waarin ons gebly het.
Die binne-hof van ons woonstel gebou
Ons woonstel is die vensters op die eerste vloer.
Die hekke na buite. As jy uit die hekke kom, is jy direk in die hoofstraat van Orebro. 'n Tipiese "cobblestone" pad, en geen karre mag hier ry nie. Pragtig!
Ons slaapkamer
Leef area
Die Swede is mal oor kandelare, en lampies in elke venster bank. Natuurlik kerse ook! Dit skep 'n heerlike atmosfeer.
Ons kombuis

Ons fietse! Alhoewel hulle amper antiek is, was dit wonderlik om so rond te kon ry en verken. 
Ons het 'n termometer in die kombuis wat die temperatuur buite en binne aandui. Dit is heerlik hier dat die temperatuur binne die huis altyd konstant is.
Toe ons in Orebro aangekom het was alles groen, nou is meeste bome geel of het al selfs blare verloor.
Die rivier wat deur die dorp gaan.
Ek is mal oor die straatligte wat so hang aan die drade.
Die kasteel wat die middel-punt van die dorp is. Ons bly omtrent 300m van hier af.
Die pad parkie toe

Ek het al so gewens dat ek die beelde kan vasbrand in my gedagtes, want dit is absoluut pragtig! En om te dink oor 'n paar weke is alles spierwit onder die sneeu... En ons terug in die somer! :-)