Ons is al 2 weke terug in SA maar het net gedink dit sal nie volledig wees as ons nie ons laaste sweedse ervaring op die blog sit nie!
Ons het ons laaste 2 dae in Swede in Stockholm spandeer, en vandaar terug gevlieg SA toe. Die keer moes ons "sightseeing" doen sonder 'n stootwaentjie... gelukkig het ons die oulike dra-sak gekry, en het ek 'n goeie oefensessie agter die rug gekry! :-)
In Gamla Stan - dit is die ou dorp van Stockholm wat al eeue bestaan. Hier is die oulikste winkels en koffiewinkels.
Heerlike koek en koffie in 'n pragtige ou winkel met sulke lae plafonne.
Die son begin sak oor die stad... net na 3 in die middag.
Die stad is eintlik gebou op klomp eilande so daar is baie water!
Een van die baie squares. Hier is dit net na 4 in die middag maar lyk soos 8uur!
Die gebou waar ons gebly het het so 'n outydse hyser met die hek wat toeskuif en 'n bankie om op te kan sit!
Stockholm en swede is natuurlik bekend vir hulle pragtige meubels, net ver buitekant die normale mens se budget! Maar niks fout met bietjie window-shopping nie!
Ek het 'n nuwe liefde vir herfs gekry, nooit geweet die seisoen kan so mooi wees nie.
Ons het die Vasa-museum besoek. Die Vasa was 'n baie moderne duur oorlogskip wat gebou is in die vroee 17e eeu, maar het skaars 2km in sy eerste tog gesink! Die skip het ongelooflik goed behoue gebly en dit was 'n baie interessante uitstappie.
'n Klein skaal-model van die skip
Ons verken vir oulaas die strate van swede
Vars produkte mark
Natuurlik baie seekos!
Oppad! 4 tasse later en darem binne ons gewig-perk het ons die reis terug SA toe begin.
Terug op SA bodem!!
Wonderlik om terug in ons pragtige land te wees met die heerlike somer! Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor ons Vader vir die ongelooflike ervaring wat ons 3 kon deel. Ons is dankbaar dat ons al 3 gesond terug gekom het, geen bagasie verloor het nie en vir elke spesiale dag saam.
Maar vir nou is dit eers ons in Jan-Tuisbly se motor! :-)