Wednesday, August 10, 2011

Swede hier kom ons!!


Skaars terug in SA en ons vat alweer amper die pad! Dw gaan navorsing doen by die Universiteit van Orebro in Swede en ek en Nina is weer so gelukkig om saam met hom te mag gaan!

As alles volgens plan verloop vlieg ons vandag oor 3 weke Stockholm toe om vandaar die trein na die universiteits dorpie Orebro te neem. Dit voel eintlik of ons skaars terug is en ons tasse uitgepak is en nou moet ek weer begin dink aan pak en wat om te pak!

Soos wat die lente oppad is in die suidelike halrondte begin die herfs amper in die noorde en sal ons onsself goed moet regmaak vir die koue daar bo! Die gemiddelde maksimum vir die dorpie in Oktober is maar 'n skamele 10grade - en dit is herfs...

So baie interessante en opwindende tye wat voorle - ander taal, ander kultuur. Weereens kan ons net dankie se vir die massiewe voorreg om te kan toer en die wereld verken!

Vir eers geniet ons nog die tydjie terug by die huis en familie baie! :-)